Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Enjin spuug vlamme, vliegtuig doen noodlanding by LAX

’n Vliegtuig van Philippine Airlines het Donderdag kort ná opstyging ’n noodlanding uitgevoer by die LAX-lughawe in Los-Angeles, nadat een van die vliegtuig se enjins blykbaar onklaar geraak het.

Die Boeing 777 met 347 passasiers en 18 bemanningslede aan boord, was onderweg na Manila in die Filippyne.

’n Woordvoerder van die lugredery sê almal aan boord die vliegtuig is veilig.

Die LAX-lughawe sê die vlieëniers het ’n noodgeval aangekondig en gesê hulle vermoed die enjin het onklaar geraak.

’n Woordvoerder van Philippine Airlines het gesê die kajuitpersoneel het rook opgemerk in die vliegtuig se tweede enjin waarna hulle die noodgeval verklaar het en veilig na die lughawe teruggekeer het.

’n Ooggetuie op die grond het vertel hoe hy vlamme uit die enjin sien kom het waarna die vliegtuig na links uitgewyk het en weer geland het.

Videobeeldmateriaal is op die televisiestasie ABC-7 in Los Angeles uitgesaai wat ook wys hoe vlamme en rook by die regterenjin uitkom. Die stasie het ook met ooggetuies gepraat.

Die Los Angeles-brandweer was op die toneel nadat die vliegtuig omstreeks 12:00 (plaaslike tyd) weer veilig geland het.

Ander vlugte is nie geraak nie.

Boeing, wie se 737-Max-vliegtuig uit diens gehaal is en nou intens ondersoek word ná twee groot lugrampe, het in reaksie op die voorval by LAX gesê hy monitor die ondersoek wat deur GE Aviation, wat die vliegtuig se GE90-enjin vervaardig, en die lughawe gedoen word om die oorsaak van die noodgeval te bepaal. Reuters


Meer oor:  Philippine Airlines  |  Los-Angeles  |  Lax  |  Noodlanding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.