Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Gaan Jacinda alleen regeer in Nieu-Seeland?

Jacinda Ardern, Nieu-Seeland se premier wie se party Saterdag die land se nasionale verkiesing oortuigend gewen het, het Sondag gesê sy sal binne drie weke ’n regering vorm, maar het nie gesê of sy alleen sal regeer of ’n koalisie sal vorm nie.

Ardern se middel-linkse Arbeidersparty het Saterdag se verkiesing met ’n groot meerderheid gewen. Dit is die grootste oorwinning in meer as ’n halwe eeu.

“Ons sal eers oor drie weke finaal oor die struktuur van die regering besluit, maar my verwagting is dat ons solank aan die raamwerk sal werk,” het Ardern op ’n mediakonferensie gesê.

Die Arbeidersparty het 64 van die 120 setels in die parlement gewen.

Ardern en die Arbeidersparty was die afgelope drie jaar in ’n koalisie met die Green Party, asook die nasionalistiese New Zealand First.

Hoewel Ardern nie verdere steun nodig het nie, is koalisies die norm in Nieu-Seeland as partye konsensus wil bou.

“Ek is iemand wat voortbou op konsensus, maar ek sal ook aan die nuwe mandaat moet werk wat die Arbeidersparty nou gekry het,” het Ardern gesê.

Ardern het moontlik die verkiesing so ver gewen oor hoe sy die Covid-19-pandemie in Nieu-Seeland gehanteer het. Sy het ook werk gemaak van wette rondom vuurwapens nadat 51 mense verlede jaar in twee moskees in Nieu-Seeland doodgeskiet is. – Reuters

Meer oor:  Jacinda Ardern  |  Nieu-Seeland  |  Verkiesing  |  Koalisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.