Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Honderde betoog steeds ná moord op Sarah Everard

Honderde mense het ’n derde aand agtereenvolgens buite die Britse parlementsgebou en die polisiehoofkantoor in Londen oor die moord op Sarah Everard (33) betoog en oor die regering se plan om wetgewing rondom betogings te verskerp.

Wayne Couzens (48), die polisiebeampte wat van Everard, ’n bemarkingsbestuurder, se ontvoering en moord aangekla word, het Dinsdag ’n tweede keer in die hof verskyn. Hy het nie om borgtog aansoek gedoen hangende sy verhoor in Oktober nie.

Politici het die polisie skerp gekritiseer weens hul reaksie op ’n nagwaak wat Saterdag vir Everard gehou is.

Cressida Dick, die polisiehoof, het gesê die Covid-19-maatreëls vir die handhawing van ’n veilige afstand is nie op die nagwaak nagekom nie.

sarah everard
Betogers met plakkate het Dinsdagaand in Whitehall, Londen, betoog ná die ontvoering en moord op Sarah Everard. Foto: Reuters

Sadiq Khan, burgemeester van Londen, het “sy ontevredenheid” teenoor Dick uitgespreek oor die polisiëring Saterdag toe vier vroue aangekeer is omdat hulle glo die openbare orde versteur en die regulasies verontagsaam het.

Priti Patel, minister van binnelandse sake, het bygevoeg beeldmateriaal van die voorval was “ontstellend”.

Die BBC berig 10 Downingstraat het “onmiddellike stappe” aangekondig wat daarop gemik is om die veiligheid van vroue en kinders in Engeland en Wallis te verbeter.

Dit sluit ’n bykomende £25 miljoen vir beter beligting en kringtelevisiekameras in, sowel as ’n projek waar polisiebeamptes in gewone klere in kroeë en nagklubs ontplooi sal word.

SkyNews het Woensdag berig dat meer as die helfte van die mense wat aan ’n peiling deelgeneem het, die metropolisie se hantering van die nagwaak steun.

Die peiling, wat deur die konsultantfirma Crest Advisory gedoen is, toon dat 56% van mans die polisieoptrede steun teenoor 50% van vroue. Altesaam 44% van die inwoners van Londen wat aan die peiling deelgeneem het, steun die polisie teenoor 38% wat dit nie steun nie.

Bykans die helfte (46%) van jong volwassenes tussen 18 en 24 jaar oud is van mening dat die polisiebeamptes nie reg opgetree het nie.  Reuters, BBC, SkyNews


Meer oor:  Sarah Everard  |  Geweld  |  Betogings  |  Moord  |  Vroue  |  Ontvoering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.