Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Hongkong gedenk Tiananmen
Studente maak Donderdagoggend die Suil van Skande, ’n monument oor die Tiananmen-slagting, op die Universiteit van Hongkong se kampus, skoon. Die 31-jarige herdenking van die geskiedkundige gebeurtenis is gister gevier. Foto: AP

Die Hongkongse parlement het Donderdagoggend, enkele ure voor die beplande herdenking van die Tiananmen-slagting, ’n wet aanvaar wat dit ’n misdaad maak om die Chinese volkslied te onteer.

Dit word beskou as nog ’n stappie verder in die deel van China op die Asiese vasteland se verstewiging van sy greep op die stad.

Die ystervuis-optrede van die Chinese regering op 4 Junie 1989 in Beijing, toe minstens 300 betogende studente doodgeskiet is, word jaarliks op groot skaal in Hongkong gevier.

Die geleentheid word in China heeltemal geïgnoreer en die media mag glad nie daaroor berig nie.

Veiligheidsmaatreëls by die plein, ’n gewilde toeristebestemming in Beijing, word gewoonlik ook baie verskerp.

In Hongkong word dit die afgelope drie dekades met ’n kersligwaak in Victoria-park onthou en duisende mense woon dit by. Alle saamtrekke is egter tans weens Covid-19 verbied. Die organiseerders van die herdenking het mense daarom gevra om Donderdagaand om 20:00 kerse aan te steek waar hulle ook al is en om ’n minuut se stilte te handhaaf.

Die Europese Unie (EU) het Woensdag ’n beroep op China gedoen om mense in Hongkong en die ander semi-outonome stad, Macau, toe te laat om die geleentheid te vier.

Dit sal volgens die EU ’n goeie teken wees dat “belangrike vryhede steeds daar verskans is”, na aanleiding van al hoe strenger wetgewing wat in die stad ingestel word.

Taiwan, wat ook in die Chinese regering se visier is, gaan Tiananmen wel op groot skaal vier.

“Elke jaar in China het net 364 dae, die ander dag is vergete,” het pres. Tsai Ing-wen van Taiwan, ’n doring in die Chinese regering se vlees, eergister gesê.

“Ek hoop daar is nooit weer dae wat enige plek op aarde net verdwyn nie. En ek wens Hongkong voorspoed toe.” – Reuters

Meer oor:  Hongkong  |  China  |  Herdenking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.