Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Hongkong se polisie reg vir verdere betogings

Die polisie in Hongkong het hulle Donderdagoggend reggemaak vir verdere betogings in die stad se finansiële distrik oor die omstrede uitleweringswetsontwerp.

Die BBC berig dat die skare betogers teen Donderdagoggend minder was. Dit kom nadat die betogers en die polisie oornag slaags geraak het, en minstens twee ernstig beseerde mense in hospitale opgeneem is en 79 ander ook beseer is.

Volgens CNN is 5 000 polisielede Woensdag ontplooi toe die betogers die strate versper het. Traanrook, pepersproei en rubberkoeëls is afgevuur.

Die konfrontasie het tot in die oggendure voortgeduur.

Die grootskaalse betogings wat Sondag begin het, gaan oor ’n omstrede wetsontwerp oor die uitlewering van verdagtes aan China.

Die polisie is weer in groot getalle by die plaaslike wetgewer ontplooi, hoewel dit nog onseker is of daar Donderdag oor die wetsontwerp gestem gaan word.

Die stemmery is Woensdag weens die betogings voor die kantoor van Hongkong se uitvoerende leier, Carrie Lam, wat die wetsontwerp steun, uitgestel.

Die polisie het traanrook, pepersproei en rubberkoëls op die betogers laat reën. Foto: Reuters
Sowat 5 000 polisielede is Woensdag in Hongkong se finansiële distrik ontplooi. Foto: Reuters

Diegene wat ten gunste van die voorgestelde wetgewing is, meen dit sal voorkom dat Hongkong ’n toevlugsoord vir misdadigers word.

Kritici meen egter dat indien die wet goedgekeur word, sal die regering in Beijing dit inspan om sy politieke teenstanders uitgelewer te kry aan China, waar hul regte nie gewaarborg is nie, berig The Guardian.

Lam het Woensdag op ’n mediakonferensie aantygings ontken dat sy Hongkong uitverkoop.

Meer oor:  Uitlewering  |  Betogings  |  Hong Kong
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.