Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Kyk: Irma uit die ruimte

Die Internasionale Ruimtestasie het treffende beeldmateriaal van die orkaan Irma bekend gestel.

Waarskuwings is Vrydag vroeg vir die volgende plekke uitgereik: die suidoostelike Bahamas en die Turkse en Ciacos-eilande; die sentrale en noordwestelike dele van die Bahamas; asook Haïti, Kuba en Florida.

Die orkaan het Vrydagoggend noord van die Bahamas verbybeweeg met 'n windspoed van 260 km/h.

Die reuse-storm sal die Amerikaanse vasteland Sondag tref, maar sal dan tot 'n kategorie 4-storm afgegradeer word.

Minstens 14 mense is reeds dood nadat Irma verwoesting op talle Karibiese eilande gesaai het.

Hou Netwerk24 dop vir meer inligting.

Meer oor:  Ruimte  |  Video  |  Orkaan Irma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.