Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Ivanka besoek Afrika-lande

Ivanka Trump, dogter van pres. Donald Trump van Amerika, is op besoek aan verskeie Afrika-lande.

Sy het Sondag in Ethiopië aangekom.

Ivanka Trump
Ivanka Trump woon Sondag 'n vergadering met vroue van Ethiopië se koffiebedryf in Addis Ababa by. Foto: Reuters

Sy gaan voorbrand maak vir 'n $50 miljoen-projek wat werkskepping vir vroue in ontwikkelende lande bevorder.

“Ons glo in beginsel dat om in vroue te belê 'n slim ontwikkelingsbeleid is en dit is slim besigheid,” het Trump, wat in haar amptelike hoedanigheid as Withuis-adviseur optree, gesê nadat sy tydens 'n tradisionele seremonie in Addis Abeba verwelkom is.

Die Women’s Global Development and Prosperity- (W-GDP) projek wil 50 miljoen vroue teen 2025 ekonomies bemagtig. Pres. Trump het die Amerikaanse agentskap vir internasionale ontwikkeling (USAid) aangesê om 'n aanvanklike bedrag van $50 miljoen hiervoor beskikbaar te stel.

Ivanka gaan aan die Wêreldbank se beleidsberaad deelneem voordat sy die Ivoorkus besoek. – Reuters

Meer oor:  Addis Ababa  |  Afrika  |  Vroue  |  Ivanka Trump  |  Werkskepping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.