Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Jy't 'n gewigsprobleem! sê Trump aan ondersteuner

Donald Trump het volgens berigte op Sky News een van sy eie ondersteuners beledig omdat hy oorgewig is.

Trump was Vrydag in New Hampshire om ’n politieke toespraak te hou.

Hy het protesteerders agter hom gehoor en omgedraai, maar ’n ondersteuner as ’n protesteerder aangesien.

“Daardie man het ’n ernstige gewigsprobleem. Gaan huis toe. Doen oefening. Kry hom hier uit asseblief, hy het ’n groter probleem as ek. ’n Groter probleem as enige van ons. As hy tuis kom, gaan sy ma hom vra wat hy gedoen het.”

Donald Trump Foto: Reuters

Die man, Frank Dawson, wat die president ondersteun, was eintlik besig om die protesteerders by die deur uit te sien. Een van Trump se amptenare het Dawson se besonderhede gekry, waarna Trump Dawson uit Airforce One gebel het om verskoning te vra. Trump het gesê hy wou iemand anders oor sy gewig aanspreek.

Dawson het later aan Fox News-joernaliste gesê hy is nie kwaad nie.

“Ek is gek oor die president. Hy is die beste ding wat met ons land gebeur het. Die president het nie gesien ek skeur die protesteerders se plakkate op nie.”

Volgens New York Magazine het Dawson ’n Trump 2020-T-hemp aangehad met ’n bypassende pet.

Hy het sy vuis rondgeswaai ter ondersteuning van Trump.

Die protesteerders was kritici van Israel. - Bykomende bron: The Independent

Meer oor:  Donald Trump  |  Gewigsverlies  |  Oorgewig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.