Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Karibiese aardbewing tot in Miami gevoel

’n Reuse-aardbewing het Dinsdag die suide van Kuba getref. Skokgolwe kon tot in Miami in Amerika gevoel word, terwyl die paniek tot in die Kaaimanseilande versprei het nadat sinkgate ná die aardbewing ontstaan het.

Die aardbewing van 7.7 het in die see tussen Jamaika, die Kaaimanseilande en Kuba op ’n diepte van 10 km voorgekom.

Daar was verskeie naskokke ná die aardbewing, insluitend een van 6.1 wat aansienlik nader aan die Kaaimanseilande voorgekom het.

Inwoners in die Kaaimanseilande sê dreine het oopgeskiet en sinkgate het ontstaan.

Jewel Hydes (44), wat op die eiland was, sê mense was paniekbevange terwyl hulle ook gesien het hoe ’n motor in ’n sinkgat val.

“Dit was regtig, regtig erg. Almal op die eiland is steeds in skok. Ons het die heeltyd gesien hoe mense bid en uit geboue hardloop,” sê Hydes.

Geboue is ook in Miami in die Amerikaanse deelstaat Florida ontruim, terwyl kantoorwerkers uit die geboue gestroom het.

Angie Watler, woordvoerder vir die polisie in die Caymaneilande, sê niemand is beseer nie, maar die owerhede is steeds besig om inligting in te samel.

Die Internasionale Tsoenami-inligtingsentrum sê die moontlikheid van ’n tsoenami is grootliks verby, hoewel die seevlak nog met so 30 cm kan verander. Reuters

Meer oor:  Aardbewing  |  Karibiese Eilande  |  Miami
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.