Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Kevin Spacey in hof, bots toe wéér met gereg

Kort nadat die bekroonde akteur Kevin Spacey Maandag in ’n Amerikaanse hof weens onsedelike aanranding verskyn het, is hy afgetrek omdat hy te vinnig bestuur het.

Kevin Spacey. Foto: Getty Images

Spacey, wie se regte naam Kevin S. Fowler is, het in hofdokumente aangedui dat hy onskuldig gaan pleit nadat hy van onsedelike aanranding aangekla is, berig die BBC.

Die Oscar-bekroonde akteur het na bewering twee jaar gelede ’n 18-jarige man in ’n kroeg in Nantucket alkohol ingegee en hom onsedelik aangerand.

Sy regsverteenwoordiger het vroeër gevra dat die hofsaak sonder die beskuldigde moet voortgaan, maar die regter het dié versoek geweier, berig die BBC.

Spacey is naby die Ronald Reagan-lughawe in Washington afgetrek nadat hy te vinnig bestuur het, berig TMZ.

Sy voertuig is afgetrek, maar hy het net ’n mondelinge waarskuwing gekry om nie vinnig te ry nie, berig People.

Die polisie het die voorval bevestig.

Meer oor:  Kevin Spacey
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.