Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Kinders onder 36 wat in yslike ontploffing sterf

Vroue en kinders is onder die 36 mense wat Sondag in Sirië dood is toe ’n gebou waar ammunisie geberg is, ontplof het.

Die ontploffing het in die Bab al-Hawa-plein in die dorp Sarmada, naby die Turkse grens, gebeur, berig CNN.

Die Syrian Observatory for Human Rights, ’n moniteringsgroep wat in Brittanje gesetel is, het bevestig dat talle vroue en kinders onder die slagoffers tel.

Dit is onbekend hoe die ontploffing gebeur het of wie daarvoor verantwoordelik is.

Die Wit Helms, ’n Siriese vrywilligersreddingsdiens wat burgerlikes onder die puin help uitgrawe, was by die reddingspoging betrokke.

Volgens die Wit Helms het hulle tien mense uit die puin gered.

Rami Abdoel Rahman, hoof van die Syrian Observatory for Human Rights, sê drie lede van die djihadistiese groep Haj’at Tahrir al-Sham (HTS) is ook dood, berig The Gaurdian.

Die meeste van die mense wat dood is, is familielede van HTS-vegters.

’n Reddingswerker het die lewelose liggaam van ’n klein kindjie na ’n ambulans gedra, het ’n korrespondent van AFP op die toneel gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.