Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Kongreslede mág dans, wys sy wéér

Alexandria Ocasio-Cortez, die jongste vrou tot nog toe om as kongreslid in die huis van verteenwoordigers te dien, het teruggekap nadat sommige mense op sosiale media haar gekritiseer het oor ’n ou video waarop sy dans.

Sy het doodeenvoudig weer gedans, dié keer buite die deur van haar nuwe kantoor in Capitol Hill. By die video skryf sy op Twitter: “Ek hoor die GOP (Grand Old Party) dink vroue wat dans is skandalig. Wag totdat hulle uitvind dat kongresvroue ook dans! Lekker naweek almal.”

CNN berig die video wat tot haar reaksie gely het, is Woensdag wyd op Twitter gedeel.

In die video wat agt jaar gelede by die Boston-Universiteit geneem is, dans Ocasio-Cortez op die dak van ’n gebou.

’n Dag nadat die video soos ’n veldbrand versprei het, is sy as die jongste vrou in die kongres ingehuldig.

Maar in plaas van dat die video ’n verleentheid vir Ocasio-Cortez skep, het dit haar nog gewilder gemaak. Baie mense op sosiale media prys haar dat sy vreugdevol is en pret het, berig The Guardian.

Die Twitter-rekening AOC Dances to Every Song is daarna geskep, waarop haar dansbewegings op treffers soos “Kids in America” deur Kim Wilde en “Rebel Rebel” deur David Bowie uitgevoer word.

Meer oor:  Video  |  Dans  |  Twitter  |  Amerikaanse Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.