Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Koningin se Kersboodskap

Koningin Elizabeth van die Verenigde Koninkryk (VK) het haar Kersboodskap gebruik om diegene wat sukkel sonder familie en vriende hierdie jaar te verseker dat “hulle nie alleen” is nie.

Sy sê wat baie mense graag vir Kersfees wil hê, “is ’n druk of ’n handdruk”, maar dat beter dae wel op pad is.

Duisende Britte is vanjaar sonder hul gesinne ná streng inperkings weens die Covid-19-virussiekte.

Koningin Elizabeth van die Verenigde Koninkryk. Foto: Getty/Galoo Images

Die 94-jarige koningin het ook in haar toespraak dade van goedhartigheid tydens die Covid-19-pandemie verwelkom.

Sy het ook Kersfees, nes duisende ander, weg van hul gesinne deurgebring.

“ ’n Jaar wat ons weg van mekaar gehou het, het ons eintlik nader aan mekaar gebring,” het sy gesê.

Sy sê sy is veral beïndruk met diegene wat betrokke is by liefdadigheid in hul gemeenskappe.

“In die VK en wêreldwyd het mense die uitdagings van die jaar saam aangepak. Ek is trots en geïnspireer deur dit alles,” sê sy.

Sy het ook in haar toespraak gesondheidswerkers, jong mense en weldoeners bedank vir die respek en omgee wat hulle tydens die pandemie toon.

Kyk na haar volledige toespraak:


Meer oor:  Koningin Elizabeth  |  Toespraak  |  Kersdag  |  Koningin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.