Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Man (30) verlaat ouerhuis ná hof hom uitgooi

Die 30-jarige Amerikaanse man wat deur ’n hofbevel uit sy ouerhuis gesit moes word, het sy goedjies gepak en getrek.

Reuters berig Vrydag was die dag dat Michael Rotondo uit sy ouerhuis in Camillus, New York, gesit is.

Michael Rotondo het Vrydag noodgedwonge uit sy ouerhuis in New York getrek. Foto: Skermgreep

Sy regsgeding met sy ouers het wêreldwyd nuus gemaak.

Sy ouers moes hulle tot die hof wend om hom so ver te kry om die nes te verlaat.

Rotondo het aanvanklik geweier om te trek selfs nadat vyf kennisgewings aan hom oorhandig is en hulle hom kontant aangebied het om vir hom ’n ander blyplek te kry.

Die regter het op 22 Mei in die ouers, Mark en Christina, se guns beslis en Rotondo beveel om te trek.

Rotondo het Vrydag min te sê gehad oor sy toekomsplanne, maar het wel genoem sy ouers word nie daarby ingesluit nie.

Hy het die afgelope agt jaar in sy ouers se huis gewoon nadat hy net twee jaar lank sy eie blyplek gehad het. Hy het aangevoer dat hy geregtig is op ’n kennistydperk van ses maande om te trek. Rotondo is werkloos en sy ouers het gereeld gesoebat dat hy vir hom ’n werk moet kry.

Meer oor:  Hofbevel  |  Trek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.