Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Man in Hongkong aangekeer oor vlag

’n Man is Woensdag deur die Hongkongse polisie in hegtenis geneem omdat hy ’n onafhanklikheidsvlag by ’n protesoptrede vertoon het.

Dit is die eerste inhegtenisneming ingevolge die nuwe veiligheidswetgewing wat deur Beijing in Hongkong ingestel is en waarkragtens oortreders tot lewenslange tronkstraf opgelê kan word. Die wetgewing is Dinsdag deur Beijing in werking gestel, op die vooraand van die jaarlikse 1 Julie-protesoptogte wat saamval met die 23ste herdenking van die dag toe Brittanje die beheer van Hongkong aan China teruggegee het.

hongkong, protes, vlag
'n Man staan langs 'n vlag met die woorde "Onafhanklikheid vir Hongkong". Foto: Reuters

Die polisie het die optogte verbied en daar was Woensdagoggend ’n sterk polisieteenwoordigheid in Hongkong se sentrale distrik, maar honderde mense het die verbod verontagsaam en in die strate bymekaargekom. Polisiebevelvoerders is opdrag gegee om enigeen met ’n onafhanklikheidsvlag of enigiemand wat vir onafhanklikheid betoog in hegtenis te neem, sê ’n polisiebron.

Carrie Lam, Hongkong se leier, het Woensdag ná afloop van die jaarlikse vlagseremonie gesê die wet is ’n belangrike stap om die chaos en geweld wat die afgelope paar maande in die stad geheers en plaasgevind het te beëindig en het kritiek op die wet as ’n “wrede aanval” bestempel.

Die veiligheidswet gee die regering, howe, polisie en die owerhede die reg om protesoptrede die nekslag toe te doen en kriminaliseer enige vorm van “afstigting, ondermyning, terrorisme en buitelandse inmenging”. – Saamgestel uit BBC, The Guardian, CNN en Hong Kong FP


Meer oor:  Hongkong  |  China  |  Vlag  |  Protes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.