Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: ‘Manjifieke dag’ vir kapt. Tom

Die 100-jarige Britse oorlogsveteraan wat vroeër vanjaar die wêreld se harte verower het met sy geldinsamelingsveldtog in belang van die stryd teen Covid-19, is deur koningin Elizabeth tot ridder geslaan.

Kapt. Tom Moore het Vrydag die eerbewys ten tyde van ’n spesiale seremonie in die Windsor-kasteel ontvang, berig Sky News.

Moore wat in die Tweede Wêreldoorlog gedien het, het bykans £33 miljoen vir Engeland se nasionale gesondheidsdiens ingesamel toe hy 100 keer met behulp van sy loopraam om sy tuin gestap het, kort voor sy 100ste verjaardag op 30 April.

Koningin Elizabeth en kapt. Tom Moore.Foto: Twitter/@SkyNews

Die BBC berig die seremonie was die koningin se eerste ampsgeleentheid sedert die nasionale inperking in Engeland afgekondig is.

Moore het dit as ’n wonderlike geleentheid bestempel. “Ek is heeltemal in vervoering”

“Dit is só ’n groot toekenning en om dit van haar majesteit te ontvang, waarvoor kan enigiemand meer vra? Dit was ’n manjifieke dag vir my.”

Hy het met ’n vonkel in sy oog bygevoeg dat as hy sou kniel, soos die gebruik is, hy nooit weer sou kon opkom nie, aldus The Telegraph.

Kapt. Tom MooreFoto: Twitter/@SkyNews

Die koningin het Moore geprys vir sy weldaad. Die swaard waarmee sy Moore op die skouers getik het, het aan haar pa, koning George VI, behoort.

Moore is in Mei deur Boris Johnson, eerste minister van Engeland, genomineer vir ridderskap.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.