Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Melania se ouers kry Amerikaanse burgerskap

Pres. Donald Trump se skoonouers het in ’n private seremonie Amerikaanse burgers geword.

Viktor en Amalija Knavs, Melania Trump se Sloweense ouers, het die eed van burgerskap Donderdag in New York afgelê, berig die BBC.

Die egpaar het tot nou met groen kaarte, wat deur Melania geborg is, in Amerika gewoon.

Trump het in die verlede uitgevaar teen gesinsgegronde of “kettingimmigrasie”. Hy is eerder ten gunste van ’n merietegegronde stelsel wat professionele persone bo gesinslede prioritiseer. Sy aanvalle op immigrasiewette en immigrante het hewige kritiek ontlok.

Melania het in 2016 ’n Amerikaanse burger geword. Sy het in 2001 op ’n gesogte Einstein-visum vir mense van “buitengewone vermoë” in die VSA aangekom toe sy as model gewerk het.

Volgens die Amerikaanse immigrasiewet sou Melania se ouers minstens vyf jaar groen kaarte moes hê voordat hulle vir burgerskap kon aansoek doen.

Michael Wildes, die Knavse se prokureur wat die seremonie saam met hulle bygewoon het, sê hulle het dié vyfjaarvoorwaarde nagekom, maar hy weier om meer besonderhede te gee, berig The New York Times.

Wildes noem gesinsgegronde migrasie ’n “hoeksteen van ons immigrasieproses”. Toe joernaliste hom vra of die egpaar burgerskap deur die stelsel verkry het, het hy geantwoord hy “veronderstel” so.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.