SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Wêreld
KYK: Mesaanval in Melbourne 'terreurdaad'

Die polisie hanteer 'n voorval in Melbourne, Australië, waarin 'n man een persoon op straat doodgesteek en nog twee ander beseer het, as 'n terreurdaad.

Die polisie het die verdagte, oorspronklik van Somalië, geskiet, en hy is intussen in die hospitaal dood, berig die Australiese uitsaaier, ABC.

Die aanval het Vrydag omstreeks 16:00 (plaaslike tyd) in die middestad gebeur.

In ’n video wat op Twitter en TV gewys is, kan gesien word hoe die man verskeie kere met ’n mes in sy hand na die polisielede wat na die toneel ontbied is kap.

Een van die polisielede lig dan sy vuurwapen en skiet hom in die bors. Hy is in 'n kritieke toestand onder streng polisiebewaking hospitaal toe geneem, waar hy later dood is.

Die twee slagoffers wat die aanval oorleef het is in die hospitaal opgeneem.

Graham Ashton, bevelvoerder van die Victoria-polisie, het op 'n nuuskonferensie gesê die intelligensieowerhede en polisie beskik oor sekere inligting oor die verdagte wat aandui dat dit 'n terreuraanval was.

In Januarie 2017 het ’n motoris teen ’n hoë spoed in dieselfde straat in voetgangers vasgery. Ses mense is dood en drie is beseer. – Reuters.

’n Polisieman staan naby die lyk van ’n man wat Vrydag tydens ’n aanval in Melbourne, Australië, doodgesteek is. Foto: Reuters

Meer oor:  Messteek  |  Melbourne  |  Terreuraanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.