Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Tiger Woods uit motorwrak gered

Die beroepsgholfspeler Tiger Woods (45) is in ’n “ernstige toestand” nadat hy veelvuldige beserings aan sy bene in ’n motorongeluk opgedoen het.

Die polisie en brandweer moes hom met ’n koevoet en byl uit die wrak bevry nadat sy motor Dinsdagoggend (plaaslike tyd) in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië gerol het.

Woods is ná die ongeluk na ’n plaaslike hospitaal geneem waar albei sy bene geopereer moes word.

Alex Villanueva, polisiehoof van die Los Angeles-distrik, het op ’n nuuskonferensie ná die ongeluk gesê Woods het “teen ’n hoër as normale spoed” by ’n afdraand in die Rolling Hills-landgoedere afgery. Die ongeluk het op die grens van dié gebied en die kusstad Rancho Palos Verdes gebeur.

Volgens Villanueva is dit ’n kronkelpad en het Woods die sypaadjie getref en in die ruigte beland het.

Die polisie is byna onmiddellik deur ’n buurman ontbied.

Carlos Gonzalez, die polisielid wat eerste op die toneel was, sê hy het gesien dit sou veiliger wees vir die brandweer om te kom help in plaas daarvan om Woods alleen te probeer uithaal.

“Ek het hom gevra wat sy naam is. Hy het vir my gesê sy naam is Tiger. Ek het hom toe onmiddellik herken, waarna ek gevra het of hy weet waar hy is om seker te maak of hy georiënteer is. Hy het helder en kalm voorgekom,” sê Gonzalez.

Villanueva sê die omgewing waar Woods se ongeluk plaasgevind het, is berug vir ongelukke omdat mense gewoonlik te vinnig op daardie pad ry. Hy sê die bewyse op die toneel toon dat Woods baie vinnig voor die ongeluk gery het.

Volgens Villanueva het Woods se motor verskeie kere gerol voordat dit tot stilstand gekom het.

“Die binnekant van die motor is onbeskadig. Die voorkant van die motor is heeltemal vernietig.”

Villanueva meen die gholfspeler was gelukkig om die ongeluk te oorleef, en dat sy veiligheidsgordel hom gered het.

Villanueva sê Woods het sy veiligheidsgordel aangehad en hy vermoed dít is wat moontlik Woods se lewe gered het.

Mark Steinberg, Woods se agent, het ná die ongeluk ’n verklaring uitgereik waarin hy bevestig dat Woods in ’n motorongeluk was en in die hospitaal vir sy beserings behandel word.

Woods was die enigste insittende in die motor. Hy was in Kalifornië om ’n program vir Golf Digest/GolfTV oor twee dae op te neem. Woods het aan verskeie bekendes as deel van die opname lesse gegee, berig Golf Digest.

“Hy was Maandag in goeie luim, maar het nie Dinsdag vir die tweede dag van produksie opgedaag nie.”

Meer oor:  Tiger Woods  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.