Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Mugabe se oorskot op pad huis toe in private straler

Die oorskot van wyle oudpres. Robert Mugabe van Zimbabwe was Woensdagoggend in ’n private straler vanaf Singapoer op pad na Harare nadat hy vyf dae gelede daar in die vreemde in ’n hospitaal gesterf het.

Dit is bevestig deur die Zimbabwiese ambassade daar en volgens flightradar14.com, ’n webtuiste wat vliegtuie se roetes monitor, sou die private straler omstreeks 08:50 plaaslike tyd vanaf Singapoer opstyg. Die vlug sal sowat 15 uur duur.

Mugabe se oorskot is vroeg Woensdagoggend in ’n lykswa na die lughawe geneem. Die Zimbabwiese regering het reeds vroeër aangedui dat hy die koste sal dek.

Polisielede het Woensdag met motorfietse buite Singapoer by die begrafnisonderneming byeengekom, waar die oorskot van Mugabe, wat verlede Vrydag op 95-jarige ouderdom gesterf het, gehou is.

Hy het voor sy dood reeds ’n geruime tyd mediese behandeling in die land ontvang.

’n Vliegtuig met Zimbabwiese amptenare en van Mugabe se familielede het Maandag uit Zimbabwe vertrek om sy oorskot te gaan haal.

Die polisielede het met hul motorfietse buite die lykshuis byeengekom. Foto: Reuters

Soos vroeër berig, stuur Suid-Afrika dié naweek ’n regeringsafvaardiging, asook ANC-lede, na Mugabe se begrafnis.

Pres. Cyril Ramaphosa sal as staatshoof en leier van die party die afvaardiging lei wat Saterdag Mugabe se begrafnisdiens in die nasionale sportstadion gaan bywoon.

Daar is nog nie bevestig waar Mugabe begrawe gaan word nie. Onderhandelings duur luidens berigte voort tussen die regering en sy naasbestaandes. Die regering wil hom in die nasionale helde-begraafplaas op ’n heuwel buite Harare begrawe, maar daar is ook die moontlikheid dat hy in sy geboortedorp, Zvima, sowat 100 km noordwes van die hoofstad, begrawe gaan word. – Reuters

LEES OOK: ‘Bitter’ Mugabe wil klein familiebegrafnis hê 

Meer oor:  Robert Mugabe  |  Begrafnis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.