SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Wêreld
KYK: Musk se daggadampie sleg vir besigheid

Elon Musk, uitvoerende hoof van Tesla, kry die wind van voor oor ’n YouTube-video waarin hy aan ’n daggasigaret teug.

The Guardian berig dat Tesla-aandele Vrydag met tot soveel as 8% geval het as gevolg hiervan.

Twee van die maatskappy se uitvoerende direkteure het ook aangekondig dat hulle die maatskappy gaan verlaat nadat die video op sosiale media die ronde begin doen het.

Musk het ’n twee uur lange onderhoud aan die Amerikaanse komediant Joe Rogan toegestaan op sy program The Joe Rogan Experience. Die video is regstreeks op die internet uitgesaai.

In die onderhoud praat Musk oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe, wat wissel van die impak van kunsmatige intelligensie op die mensdom tot vlamwerpers en sosiale media.

Tydens die onderhoud drink Musk whiskey en teen die einde teug hy aan ’n sigaret wat Rogan vir hom gee, wat ’n mengsel van tabak en dagga bevat.

Rogan kan op die video gehoor word waar hy aan Musk sê dat dit wettig is om só ’n sigaret in die Amerikaanse staat Kalifornië te rook.

Musk antwoord Rogan en sê hy “rook amper nooit nie.

“Ek is nie ’n gereelde daggaroker nie. Ek vind nie dat dit enige invloed op my het nie . . . ek vind wel dat dit nie eintlik goed is vir produktiwiteit nie,” sê Musk.

Musk, ’n Suid-Afrikaner van geboorte, se gedrag maak Wall Street-analiste paniekerig. Daar is ’n beroep gedoen op senior direkteure om so gou moontlik in te gryp.

Meer oor:  Elon Musk  |  Dagga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.