Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Nóg betogings vlam op in Hongkong

Duisende betogers het Saterdag in Hongkong naby die grens met China slaags geraak met die polisie.

Die ongelukkigheid blyk te wees oor die teenwoordigheid van Chinese handelaars in dié stadstaat.

Hongkong gaan die laaste paar weke gebuk onder gewelddadige betogings, hoofsaaklik weens ongelukkigheid oor voorgestelde wetgewing wat uitlewering van Hongkongse burgers aan China sal toelaat.

Saterdag se betoging naby die Sheung Shui-woongebied het aanvanklik vreedsaam begin, maar het kort voor lank in algehele chaos ontaard toe betogers die polisie met sambrele en harde hoede toegetakel het.

Die polisie het met knuppels onder die oproeriges ingeklim en probeer om gemoedere te kalmeer.

Dié betoging is die jongste in ’n reeks voorvalle wat al meer as ’n maand in dié voormalige Britse kolonie voorkom. Kenners beskryf dit as die ergste politieke krisis in Hongkong sedert die stadstaat in 1997 aan China oorhandig is. Hongkong word sedertdien as ’n outonome gebied binne China bestuur. Die stadstaat het sy eie leiers en ’n ander regstelsel as in China.

Die voorgestelde wet op uitlewering aan China is intussen ter syde gestel nadat honderdduisende mense die Hongkongse wetgewer op 1 Julie stormgeloop het.

Dié wet sou dit moontlik maak om individue wat van misdade in China verdink word, aan dié sosialistiese land uit te lewer.

Duisende betogers het Saterdag met die polisie in ’n dorp naby die Chinese grens slaags geraak oor die teenwoordigheid van Chinese handelaars.Foto: Reuters

Die instelling van só wet word deur kritici daarvan beskou as ’n ernstige inbraak op Hongkong se soewereiniteit.

Saterdag se betoging was egter gemik op Chinese handelaars wat oor die grens glip, goedere aanskaf en dit dan weer anderkant die grens in China gaan verkoop.

Die betogers wil hê die handelaars moet die gebied summier verlaat. Winkels in die omgewing het Saterdag vroeg gesluit.

Inwoners van Hongkong meen die handelaars veroorsaak dat goedere in dié reeds besonderse duur stad net nog duurder word.

Die handelaars versuim glo ook om belasting in Hongkong te betaal.

Nóg betogings word vir Sondag beplan. – Reuters

Meer oor:  Hongkong  |  Betogings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.