Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Noodtoestand in Chili – ‘Dis oorlog!’

“Ons is in ’n oorlog teen ’n magtige vyand wat geweld sonder enige limiet sal gebruik,” het pres. Sebastián Pinera van Chili Sondagaand in ’n toespraak gesê wat regstreeks op televisie uitgesaai is.

Hy het aangekondig die noodtoestand wat die vorige dag in die hoofstad, Santiago, afgekondig is, is nou ook in ander dele van die land van krag nadat agt mense die naweek in gewelddadige betogings dood is.

Dié betogings het twee weke gelede uitgebreek toe studente oor duurder openbare vervoer begin betoog het.

Die weermag is in die strate van die hoofstad ontplooi nadat die noodtoestand aanvanklik afgekondig is. Daar is tans 10 500 polisie- en weermaglede in die strate van Santiago.

Pinera het die betogers met misdadigers vergelyk. Hy het ’n beroep op landsburgers gedoen om saam te staan, hul bure te help en te probeer om so normaal moontlik met hul lewe aan te gaan.

Andrés Chadwick, minister van binnelandse sake, sê die besluit om die noodtoestand uit te brei is geneem nadat daar minstens 70 voorvalle van ernstige geweld was. Hy sê ten minste 40 supermarkte en ander ondernemings is geplunder.

Luidens ’n inskrywing op Twitter deur Karla Rubilar, goewerneur van Santiago, is drie mense in ’n supermark dood nadat dit aan die brand gesteek is, berig NBC News.

Brandbestryders het bevestig daar is ook mense in ’n brand by ’n fabriek dood.

Al Jazeera berig die polisie en weermag het Sondag traanrook en waterkanonne afgevuur om betogers uiteen te jaag. Reuters

Die weermag is die naweek in Chili se hoofstad, Santiago, ontplooi. Foto: Reuters
Dié man het glo ’n apteek in Santiago tydens die betogings beroof. Foto: Reuters
Betogers is ontevrede oor die koste van openbare vervoer. Foto’s: Reuters
Die weermag is die naweek ontplooi nadat betogings twee weke gelede begin het. Foto’s: Reuters

Meer oor:  Santiago  |  Betogings  |  Onluste  |  Chili
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.