Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Notre-Dame se splinters en as reën op Parys

Die handewerk van Middeleeuse vakmanne is Maandagaand in puin gelê toe ’n verwoestende brand in die Notre-Dame-katedraal in Parys, Frankryk, uitgebreek het. 

Beelde is voor die groot restouraasiewerk van die katedraal verwyder. Foto: Getty Images
Inwoners en besoekers het op die rivieroewers naby die katedraal stelling ingeneem om die vernietiging te aanskou en af te neem. Foto: AP
Die twee kloktorings het behoue gebly. Die dak van die eeue oue katedraal het ook ineengestort. Die glas in die ikoniese glasvensters het ook weens die hitte uit die rame gespat.Foto: AP

Dié foto van die katedraal is voeg in April geneem.Foto: Getty Images
Omstanders staan voor die katedraal om foto’s van die brand te neem. Foto: Getty Images
Die hitte van die brand is duidelik op dié foto te sien. Die pragtige houtwerk wat deur die eeue in die katedraal gedoen is, is alles in die brand verwoes. Foto: AP
Notre Dame, een van Parys se grootste toeriste-attraksies, is binne ure in puin gelê. Foto: AP
Die hartverskeurende gesig van ’n eeue oue katedraal wat in ’n oogwink verwoes word. As en roet van die brand sif tans op omstanders neer.Foto: Reuters
’n Standbeeld word van die katedraal verwyder voordat restourasiewerk begin. Foto: Reuters
Van die standbeelde op die katedraal is gelukkig verwyder voordat grootskeepse restourasiewerk aan die katedraal begin is. Foto: Reuters
’n Reuse-rookwolk het van die brandende kerk die lug in opgestyg. Foto: AP
Die middeskip (nave) van die katedraal het teen skemer steeds gebrand. Die katedraal se toring wat op dié foto nog brand, het later ineengestort. Die brand het vermoedelik as gevolg van restourasiewerk uitgebreek. Foto: Reuters

Meer oor:  Notre Dame-Katedraal  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.