Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Obama oor Trump: ‘Hy kon homself nie eens beskerm’

Die frustrasie en ontsteltenis oor pres. Donald Trump van die VSA se hantering van die Covid-pandemie was duidelik toe oudpres. Barack Obama Woensdag ’n vurige toespraak namens Joe Biden, Demokratiese presidentskandidaat, gelewer het.

Obama vroeër die dag op ’n nuuskonferensie om voorbrand vir Joe Biden, demokratiese presidentskandidaat, te maak. Foto: Reuters

Obama se teregwysing op ’n politieke saamtrek kom minder as twee weke voor die Amerikaanse verkiesing.

Obama het op die “inry”-saamtrek (wat behels het dat mense in hul motors bly sit om sosiale distansiëring te verseker) in Philadelphia, Pennsilvanië, behoorlik teen Trump uitgevaar.

Oudpres. Barack Obama van Amerika het sy opvolger, pres. Donald Trump, behoorlik voor stok gekry in ’n toespraak Woensdag in Philadelphia, Pennsilvanië. Foto: Reuters

“Donald Trump gaan nie skielik almal van ons beskerm nie. Hy kan nie eens die basiese stappe doen om homself te beskerm nie. Dít is nie ’n realiteitsreeks nie. Dit is die werklikheid. En die res van ons moet met die gevolge saamleef van hom wat onbevoegd is om sy werk ernstig op te neem.”

Obama het die byeenkoms namens Biden, wat visepresident was tydens Obama se termyn, toegespreek omdat Biden tuis voorberei vir Donderdag se regstreekse debat met Trump.

Kinders van Biden-ondersteuners sit op ’n motor se enjinkap tydens Obama se toespraak. Foto: Reuters

Biden ding saam met senator Kamala Harris as sy adjunk teen Trump en sy visepresident, Mike Pence, in die verkiesing mee.

“Met Joe en Kamala aan die stuur, sal jy nie elke dag hoef te wonder oor die absurde goed wat hulle sê nie. En dit beteken baie. Jy gaan nie elke dag oor hulle hoef te stry nie. Dit gaan nie so uitputtend wees nie,” het Obama gesê.

Oor Trump wat graag samesweringsteorieë twiet, het Obama gesê: “Jy sal dit nie van enigiemand behalwe jou mal oom duld nie.” – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.