Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Klant ry met Porsche tot in vertoonlokaal

’n Woedende sakeman het onlangs in sy Porsche Cayenne deur ’n Porche-handelaar se winkelvenster geploeg, berig die Daily Mail.

Beeldmateriaal wat deur die handelaar in Taichung in die weste van Taiwan verskaf is, wys hoe die man, wat net as Chu (42) bekend staan, deur die venster en dan teen lessenaars vasry.

Die sakeman was glo ontsteld omdat sy nuwe Panamera Sport Turismo nie met die bykomstighede toegerus is wat hy bestel het nie. Hy het die bestelling in Januarie 2017 geplaas.

Dié voertuig kos gewoonlik sowat R2,5 miljoen en sou ongeveer R3 miljoen gekos het met die bykomstighede wat Chu bestel het. Hy het boonop ’n deposito van meer as R850 000 betaal.

Toe hy die motor in November 2017 ontvang, is dit nie volgens sy bestelling toegerus nie. Volgens die handelaar het die verkoopkontrak nie die bykomstighede ingesluit nie.

So lyk ’n Porsche Panamera Sport Turismo. Foto: Argief, ter illustrasie

Chu het glo geweier om die balans te betaal en hy het daarop aangedring dat sy deposito aan hom terugbetaal word. Die handelaar het vasgeskop en gesê dat hy nie die deposito sal teruggee as Chu die koopkontrak verbreek nie.

Dit is vermoedelik hoekom Chu besluit het om met sy Cayenne deur die handelaar se voorruit te ry. In die beeldmateriaal kan glo gesien word hoe hy daarna met die personeel stry.

Chu sê in ’n verklaring dat hy spyt is oor die voorval, en dat hy deur die handelaar se winkelvenster gery het toe hy vir ’n ander motor uitgeswaai het.

Meer oor:  Taiwan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.