Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Orkaan Michael 'soos die hel'

Die orkaan Michael was 'n volsterkte kategorie 4-orkaan toe dit die Amerikaanse deelstaat Florida Woensdagaand omstreeks 20:00 (Suid-Afrikaanse tyd) getref het.

Een persoon is dood toe 'n boom op 'n huis in die voorstad Greensboro geval het.

Timothy Thomas, 'n inwoner, het gesê " 'n deel van die hel tref ons" toe hy die situasie beskryf, berig CNN.

Huise was onder water en bome het soos takkies geknak, berig BBC.

'n Halfmiljoen mense is sonder krag in Florida en die aangrense deelstate van Alabama en Georgia. Die wind het huise se vensters uitgeruk en die federale bank se gebou is erg beskadig.

Die storm het verswak soos dit na die binneland beweeg.

Meer oor:  Florida  |  Vsa  |  Orkaan Michael
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.