Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: (Panda)casso maak naam in dieretuin

’n Dieretuin in Wene lok deesdae besoekers met ’n heel nuwe trekpleister: ’n panda wat kan skilder, berig Reuters.

Yang Yang, ’n vroulike panda wat twee jaar gelede die lewe aan ’n tweeling geskenk het, het geleer om ’n bamboesverfkwas te gebruik om klein prente te skilder.

Yang Yang die panda van die Schoenbrunn-dieretuin in Wene gebruik ’n bamboesverfkwas om haar skilderye te skilder. Foto: Reuters

Honderd van die prente word aanlyn teen € 460 (sowat R8 300) elk verkoop.

Die opbrengs van die verkope sal vir ’n fotoboek oor die pandas van die Schoenbrunn-dieretuin in Oostenryk aangewend word.

Yang Yang se abstrakte werke herinner aan dié van ’n jong kind se eerste skilderpogings – swart kolle op wit papier.

’n Werknemer van die Schoenbrunn-dieretuin in Wene hou die skilderdoek vas terwyl Yang Yang die verfkwas swaai. Foto: Reuters
Yang Yang se abstrakte kunswerke word aanlyn verkoop om geld vir ’n fotoboek oor die dieretuin se pandas in te samel. Foto: Reuters
Benewens die bamboesverfkwas gebruik Yang Yang ook haar pote om haar abstrakte kunswerke te voltooi. Foto: Reuters
Meer oor:  Skilder  |  Dieretuin  |  Panda
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.