Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Pelosi sê glo Republikein is ’n moroon

Wetmakers in die Amerikaanse Kongres was Woensdag warm onder die kraag nadat die top-Demokraat ’n Republikein wat nie in die dra van maskers glo nie, glo as ’n “moroon” beskryf het.

Dit blyk Nancy Pelosi, speaker van die Amerikaanse huis van verteenwoordigers, het na haar Republikeinse eweknie as ’n “moroon” verwys omdat hy nie die dra van maskers steun nie.

Dit kom nadat ’n dokter die wetmakers aangemoedig het om steeds maskers te dra sodat hulle kan help om die verspreiding van die koronavirus te keer.

Drew Hammill, Pelosi se woordvoerder, sê in ’n twiet Pelosi het eintlik gesê dit is idioties om te besluit om nie ’n masker te dra nie, hoewel die besluit op grond van wetenskap geneem is.

’n Stemboodskap waarin Pelosi dít aan ’n joernalis gesê het, is versprei, maar Hammill sê die klank is baie swak en Pelosi het nie noodwendig haar eweknie ’n moroon genoem nie, maar gesê om nie na die wetenskap te luister nie, is “idioties”.

Pelosi het verwys na Kevin McCarthy, minderheidsleier in die Amerikaanse huis van verteenwoordigers, wat getwiet het maskers word teruggebring deur die “liberale regeringsamptenare” sodat hulle kan voortgaan om te maak asof hulle in ’n pandemie leef.

Dié aanmerkings kom nadat nuwe infeksiegevalle, sowel as sterftes, in Amerika begin toeneem het.

Reuters berig die dra van ’n masker is reeds sedert die uitbreking van die pandemie ’n netelige kwessie in Amerika, met talle Republikeine wat weier om maskers te dra. Dié Republikeine kla dit is ’n skending van mense se regte om hulle te dwing om maskers te dra.

Dr. Brian Monahan, aangewese dokter vir die Amerikaanse Kongres, het Dinsdag gesê dit is verpligtend om maskers binne die Kongres te dra. Dié reël geld vir alle lede van die Amerikaanse huis van verteenwoordigers wat in die gebou vergader of komiteevergaderings bywoon.

Dit volg nadat die Withuis dieselfde opdrag uitgestuur het nadat die Amerikaanse Sentrums vir Siektebeheer en -Voorkoming (CDC) gesê het mense moet maskers dra om die verspreiding van die nuwe variant te voorkom.

Minstens 57,6% van Amerikaners het reeds ’n eerste inenting teen die virus ontvang.

Intussen het Mitch McConnell, die top-Republikein in die Amerikaanse senaat, ’n veldtog in die deelstaat Kentucky van stapel gestuur waar hy mense aanmoedig om nie ingeënt te word nie. Reuters

Meer oor:  Amerikaanse Kongres  |  Nancy Pelosi  |  Maskers  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.