Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Prag-katedraal in volle glorie herstel

Ná meer as drie jaar van opknapping is die St. Markus in Kaïro, die hoofkatedraal van die Egiptiese Kopties-Ortodokse kerk, Sondag ingewy.

Die opknapping is begin ter viering van die goue jubileum van die katedraal, die amptelike hoofkwartier van die Koptiese kerk, die grootste Christelike denominasie in die Midde-Ooste.

Die St. Markus- Kopties-Ortodokse katedraal in Kaïro, Egipte, is opgeknap. Foto: Reuters
Die St. Markus- Kopties-Ortodokse katedraal in Kaïro, Egipte, is vanjaar opgeknap. Foto: Reuters

Honderde ingenieurs en kunstenaars het gehelp om die katedraal, wat in 1968 gebou is, op te knap.

Die kerk huisves meer as 100 godsdienstige ikone, insluitende diegene wat die Kopte herdenk wat die afgelope jare in Islamitiese aanvalle vermoor is.

Die opknappingswerk is oorskadu deur ’n selfmoord-bomaanval in 2016 waarin 25 mense dood is.

Heelparty priesters en altaarseuns in rooi, wit en goue mantels het pous Tawadros II omring soos hy die inhuldigingsaltaardiens onder die glans van glasvensters gelei het.

“Dit is ’n dag van vreugde en die gebede is dié van geestelike geluk,” sê die pous, volgens die staatsnuusagentskap Mena.

Een van die werkers wat help aan die opknappingswerk by die St. Markus- Kopties-Ortodokse katedraal in Kaïro, Egipte.Foto: Reuters
Die St. Markus- Kopties-Ortodokse katedraal in Kaïro, Egipte, is opgeknap. Foto: Reuters

In die aanval van 11 Desember 2016 het ’n man met ’n plofstofgordel homself opgeblaas by ’n kleiner kapel aangrensend tot die kapel wat deur vroue gebruik is. Altesame 25 mense is dood en 49 mense gewond.

Niemand het verantwoordelikheid aanvaar vir die bomaanval nie, maar Kopte, wat sowat 10% van Egipte se byna 100 miljoen mense uitmaak, is lankal die teiken van Islamitiese militantes wat hulle as ketters beskou.

Minstens 120 Christene is sedert 2014 in aanvalle doodgemaak. – Reuters

Die St. Markus- Kopties-Ortodokse katedraal in Kaïro, Egipte, is opgeknap. Foto: Reuters
Die St. Markus- Kopties-Ortodokse katedraal in Kaïro, Egipte.Foto: Reuters
Honderde mense en ingenieus het gehelp met die opknappingswerk by die St. Markus- Kopties-Ortodokse katedraal in Kaïro, Egipte.Foto: Reuters
Een van die werkers wat help met die opknappingswerk by die St. Markus- Kopties-Ortodokse katedraal in Kaïro, Egipte.Foto: Reuters
Een van die werkers wat help met die opknappingswerk. Foto: Reuters
Die “nuwe” St. Markus- Kopties-Ortodokse katedraal in Kaïro, Egipte, in aanbou.Foto: Reuters
Meer oor:  Opknappingswerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.