Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Prins Charles ignoreer Pence glo nie

Prins Charles van Brittanje het klaarblyklik eers vir Mike Pence, visepresident van Amerika, geïgnoreer by die World Holocaust Forum in Jerusalem.

Prins Charles van Brittanje praat met Mike Pence, visepresident van Amerika, Donderdag by die World Holocaust Forum,Foto: Ronen Zvulun/AP
Mike Pence, visepresident van die VSA, praat tydens die World Holocaust Forum in Jerusalem.Foto: Abir Sultan/AP

In die video skud Charles die hand van ’n man wat langs Pence in die Yad Vashem-gedenksentrum sit. Pence steek sy hand uit terwyl die prins verbyloop, maar dan skud Charles die hand van Benjamin Netanyahu, Israel se eerste minister, en gesels vir ’n rukkie.

Later, nadat Charles die forum toegespreek het, het hulle tog hand geskud, het Reuters Donderdag berig.

Volgens die BBC het ’n amptenaar van Buckingham-paleis ontken dat Charles Pence by die geleentheid, wat 75 jaar sedert die bevryding van die Auschwitz konsentrasiekamp gedenk, oor die hoof gesien het.

Volgens die amptenaar het Charles en Pence voor die seremonie lank gepraat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.