Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Poetin en Biden vergader in Genève

Press. Joe Biden van Amerika en Wladimir Poetin van Rusland hou Woensdag vir die eerste keer ’n beraad om sake van belang vir hul lande te bespreek.

Hoewel daar geen groot deurbrake uit die vergadering in Genève verwag word nie, het albei vooraf die hoop uitgespreek dat hul vergadering tot ’n meer stabiele en voorspelbare verhouding tussen hul lande sal lei.

Biden en Poetin het Woensdag by die ingang van ’n villa wat met die vlae van Amerika, Switserland en Rusland versier is, blad geskud voor die aanvang van die vergadering, het TV-beeldmateriaal van Reuters gewys.

Terwyl Poetin langs Biden gaan sit het, het hy gesê, “Meneer die president, ek wil jou bedank vir jou inisiatief om vandag te kan vergader.”

In reaksie het Biden gesê dit is altyd beter om van aangesig tot aangesig te vergader.

Die vergadering sal na verwagting tussen vier en vyf ure duur.

Wat as ’n teken van ’n gespanne verhouding gesien kan word, sal die presidente nie gedurende die vergadering saam eet nie, en elkeen sal ’n aparte nuuskonferensie ná die ontmoeting hou.

Betrekkinge tussen die twee lande is al vir jare sleg, veral ná Rusland se 2014-anneksering van Krimea van Oekraïne, asook die beweerde inmenging deur Moskou in die presidentsverkiesing van 2016 wat tot Donald Trump se presidentskap gelei het.

Sake het in Maart vererger toe Biden gesê het hy meen Poetin is ’n “moordenaar”. Dit het gelei tot Rusland se herroeping van sy ambassadeur in Washington. In April het Amerika ook sy ambassadeur in Rusland herroep.

biden, poetin
Pres. Joe Biden van Amerika en pres. Wladimir Poeten met hul aankoms vir die beraad by die Villa La Grange in Genève. Foto: Reuters

Meer oor:  Biden  |  Beraad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.