Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Rusland blameer Google vir massa-betogings

Rusland se waghond oor kommunikasie het Google gevra om op te hou om “onwettige massabyeenkomste” op YouTube te adverteer ná die land se grootste politieke protes in agt jaar.

Tienduisende Russe het Saterdag onwettig vir vrye munisipale verkiesings in Moskou betoog.

Die byeenkoms is regstreeks op verskeie YouTube-kanale uitgesaai.

Die waghond Roskomnadzor het gesê sommige persone of groepe het advertensieprogramme van YouTube gekoop, soos kennisgewings om inligting oor die massaprotes te versprei. Volgens Roskomnadzor is die betoging daarop gerig om die verkiesings te ontwrig.

Rusland sal dit as “inmenging in sy onafhanklike sake” en “vyandige invloed en obstruksie van die demokratiese verkiesing in Rusland” beskou as Google nie optree soos versoek word nie, het Roskomnadzor gesê.

In daardie geval behou Rusland hom die reg voor om “dienooreenkomstig op te tree”.

’n Woordvoerder van Google in Rusland wou nie kommentaar lewer nie.

Rusland het ’n geskiedenis dat hy regulatoriese druk op Google plaas. Google is een van die hoofmededingers van die Russiese soekenjin Yandex. – Reuters

Meer oor:  Google  |  Rusland  |  Wêreld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.