Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: SA’ners in Bali se pleidooi aan regering

’n Groep van 137 Suid-Afrikaners wat meesal in Bali maar ook in ander dele van Indonesië wag op die Suid-Afrikaanse regering om in te gryp en hulle te help, het Woensdag in ’n desperate laaste poging ’n video gemaak oor hul vrese en ’n pleidooi aan die regering gelewer.

“Regering, laat my pa terugkom. Ek mis my pa,” lui die begin van die video, waarna die een Suid-Afrikaner ná die ander ’n plakkaat ophou as deel van die boodskap dat hulle dringend hulp en ingryping benodig.

“Ons is gestrand, ons is verlate, ons voel vergete,” lui die boodskap.

Desperate Suid-Afrikaners in Bali het ’n video gemaak waarin hulle ’n pleidooi aan die Suid-Afrikaanse regering lewer om hulle te help.Foto: Skermgreep

Van die mense is bekommerd dat hul voorgeskrewe medisyne, soos vir leukemie, begin opraak en hulle nie geld het om weer en weer in Bali na dokters te gaan nie. Een vrou het chemo-medikasie saamgeneem vir twee weke, maar dit is nou reeds haar 40ste dag daar. Sy kon twee keer nuwe voorskrifte kry, maar die hospitaal waarheen sy gegaan het, wil nie verder help nie tensy sy bloedtoetse laat doen wat sy nie kan bekostig nie.

In nog ’n geval verduidelik ’n man hy wil na Suid-Afrika terugkeer na sy vrou wat 74 jaar oud is. “Ek wil by die huis wees om haar te help,” lui sy boodskap.

’n Swanger vrou sê sy het nou agtergeraak met haar swangerskapstoetse en is bekommerd dat sy naderhand so ver swanger sal wees dat sy nie sal kan terugvlieg na Suid-Afrika nie.

Jason Dimio, een van die Suid-Afrikaners in Bali, sê die video is ’n laaste desperate poging om die aandag van die Suid-Afrikaanse regering te kry om in te gryp.

“Ons het die ambassade gekontak, ons het die departement van internasionale betrekkinge en samewerking gekontak, ons het ministers gekontak. Ons het e-posse gestuur, op radioprogramme gepraat. Ons het alles gedoen wat ons moontlik kón doen,” sê Dimio.

Die gestrande Suid-Afrikaners hoop dat die video die aandag van die regering sal trek om die erns van hul situasie te besef.

Meer oor:  Bali  |  Pleidooi  |  Gestrand  |  Suid-Afrikaners
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.