Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Seun (10) word menslike slang genoem

Die arm ouers van ’n tienjarige seun van Indië wat ’n “menslike slang” genoem word weens ’n skaars velsiekte, hoop die hartseer en skokkende beeldmateriaal van hul kind kan help dat hy behandeling kry.

Die seun, wat slegs bekend is as Jagannath, se seldsame veltoestand, lamellêre skubsiekte (lamellar ichthyosis), veroorsaak dat sy vel te vinnig groei, uitdroog en afval.

Hy vervel dus elke vier tot ses weke en as hy nie elke uur bad en room aansmeer nie, raak dit moeilik vir hom om te beweeg.

Daar is tans geen volkome genesing nie, maar behandeling met room en medikasie kan sy lewensgehalte verbeter.

Hy woon saam met sy ouers en twee broers in Ganjam-distrik in die ooste van Indië, berig Daily Mail.

“Ek het nie genoeg geld om hom vir behandeling te neem nie en my hart breek om te sien hoe hy elke dag ly,” sê sy pa Prabhakar Pradhan.

Die New York Post het in 2017 berig ’n tienermeisie van Nowgong in Chhatarpur in Indië het suksesvolle behandeling vir dieselfde toestand in Spanje ontvang.



MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.