Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Skip met 14 000 skape aan boord slaan om

Byna 14 600 skape het Sondag aan die Roemeense kus verdrink nadat die skip waarin hulle vervoer is, omgeslaan het kort nadat dit uit die Midia-hawe in die Constanta-gebied gevaar het.

Acebop, die vereniging vir die teel en uitvoer van lewende hawe in Roemenië, sê in ’n verklaring hy is gewalg en woedend oor dié tragedie.

“Ons het omstreeks 12:00 ’n oproep gekry dat die Queen Hind besig is om te sink en dat daar 14 600 skape aan boord is. Die 22 bemanningslede is gered, maar nie al die skape kon gered word nie,” lui die verklaring.

Die Queen Hind was onderweg na Saoedi-Arabië toe dit omgeslaan het.

Acebop sê daar is aanvanklik vermoed dat al die skape aan boord verdrink het, maar hy het steeds reddingspanne ontplooi om die skape te probeer red.

Die skip is na die hawe gesleep nadat die bemanning gered is.

Acebop sê dit blyk dat die skip, wat in 1980 gebou is, oorlaai was.

AFP berig 32 skape is gered.

Minstens 14 600 skape was aan boord ’n skip wat Sondag aan die Roemeense kus omgeslaan het. Foto: Acebop
Die 'Queen Hind' moes na die hawe gesleep word nadat dit omgeslaan het. Foto: Acebop
Die skip het vermoedelik omgeslaan omdat dit oorlaai was. Foto: Acebop

Meer oor:  Skape  |  Verdrink  |  Skip
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.