Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Só is SA man in Honolulu dood

Die polisie in Honolulu, Hawaii, het beeldmateriaal van ’n beampte se lyfkamera uitgereik wat wys hoe ’n Suid-Afrikaanse man geskiet word.

SA man Honolulu
Lindani Myeni en sy Amerikaanse vrou, Lindsay, op hul troudag. Foto: Facebook/Lindsay.Myeni

Lindani Myeni (29) is verskeie kere deur die polisie geskiet. Hulle het glo gereageer op ’n oproep oor ’n huisroof.

In die beeldmateriaal huil ’n vrou op die toneel en wys na iemand. Die beampte vra: “Waar is jy?” Die vrou antwoord dan: “Hy steel die kar.”

Die beamptes het hulself nie geïdentifiseer toe hulle Myeni voorgekeer en ’n vuurwapen op hom gerig het nie. Myeni was nie gewapen nie.

’n Bakleiery het ontstaan en Myeni is verskeie kere geskok voordat verskeie skote op hom afgevuur is.

Die polisie in Honolulu het hul beamptes se optrede verdedig en gesê hulle moes hulself teen ’n gewelddadige verdagte beskerm. Hulle hou vol Myeni het hulle eerste aangeval. Volgens Hawaii News Now is daar drie polisiebeamptes in die voorval beseer.

SA man Honolulu
Een van talle foto's van Lindani en Lindsay Myeni wat op Facebook gedeel is. Foto: Facebook/Lindsay.Myeni

Myeni, ’n getroude pa van twee kinders, is oorspronklik van KwaZulu-Natal en het in Januarie na Hawaii verhuis. Sy vrou, Lindsay, is ’n Amerikaanse burger.

Sy het in ’n Facebook-inskrywing gesê haar man het die aand van die voorval ’n entjie in die motor gaan ry om sy “kop skoon te maak”. Myeni het glo volgende week ’n afspraak vir ’n Amerikaanse groenkaart gehad.

“Ek het hom gebel en hy het om 19:52 gesê hy is op pad huis toe. Teen 20:10 is hy vier keer geskiet. Hoe regverdig ’n mens dit? Wat het in 18 minute gebeur? Wat moet ek vir my babas vertel as hulle huil want hulle wil hom sien?

“Hy was my hart. Ek sal nooit weer ’n perfekte liefdesmaat soos hy vind nie. Hy was te goed vir hierdie gebroke wêreld.”

They shot my king ?? I was with him at 7:30p. He went for a drive to clear his mind after a fun family day. His green...

Posted by Lindsay Myeni on Friday, 16 April 2021


Meer oor:  Lindani Myeni  |  Honolulu  |  Hawaii
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.