Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: So lyk Beiroet se hawe ná ontploffing

Minstens 78 mense is Dinsdag dood en duisende ander beseer toe ’n reuse-ontploffing die sentrale deel van Beiroet in Libanon geruk het.

Die ontploffing, die ergste wat die stad in jare getref het, het skokgolwe oor die hoofstad veroorsaak. Verskeie geboue is beskadig, vensters is uitgeruk en woonstelle se balkonne het van die slag ineengestort.

’n Lugfoto wys waar die ontploffing Dinsdag in die hawe van Beiroet in Libanon was. Minstens 78 mense is dood en 4 000 is beseer. Foto: AP
Rook borrel uit ’n gebou in Beiroet se hawe ná die groot ontploffing. Talle geboue is beskadig. Foto: Getty Images
Inwoners ry verby ’n motor wat beskadig is nadat die muur van ’n gebou ingeval het. Foto: Getty Images
Die ontploffing het groot skade in die hawe aangerig en talle gebou is platgevee. Foto: Reuters
So lyk die hawe ná die ontploffing. Foto: Reuters
’n Beseerde man sit buite die Amerikaanse Universiteit van Beiroet se mediese sentrum. Foto: Reuters
’n Beseerde vrou wat op die sypaadjie lê, word deur omstanders gehelp. Foto: Getty
’n Man kyk na die skade wat aangerig is aan die geboue in die hawe. Foto: Getty Images
’n Weermaghelikopter vlieg oor die toneel waar die ontploffing plaasgevind het. Foto: Reuters

Meer oor:  Libanon  |  Beiroet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.