Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Staatsgreep in Soedan: Omar al-Basjir bedank

10:51 CNN berig dat Al-Basjir onder huisarres geplaas is.

10:19 Soldate plunder nou die Khartoem-hoofkwartier van Al-Basjir se Islamitiese beweging. Hierdie beweging is die spilpunt van Soedan se regerende party.

09:41 Reuters berig onderhandelinge is onderweg om 'n oorgangsraad te vestig.

09:30 Die weermag in Soedan is besig met 'n staatsgreep, met die plaaslike media wat berig dat pres. Omar al-Basjir aangebied het om uit te tree.

Bronne het aan die publikasie Al Arabiya gesê Al-Basjir het onder druk geswig.

Die weermag het ook op die staatstelevisie gesê hy maak later Donderdag 'n groot aankondiging.

Minstens 11 mense is Dinsdag in geweld in die Soedannese hoofstad, Kartoem, dood, onder wie ses Soedannese soldate.

Die land gaan maande reeds gebuk onder betogings teen Al-Basjir, wat die land al 30 jaar lank regeer.

Woensdag se betogings was egter die ergste nóg.

Duisende betogers het gedans, gesing en Al-Basjir aangesê om uit te tree.

The Independent berig dat Al-Basjir reeds uit die kussings gelig is. – Reuters

soedan
Betogers Woensdag in Kartoem. Foto: Reuters

Meer oor:  Omar Al-Bashir  |  Soedan  |  Weermag  |  Staatsgreep  |  President  |  Presidensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.