Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Sokkerseuns kan nog vir maande in grot wees

Hierdie sokkerspannetjie gaan óf moet leer om te duik, óf nog vir maande in die grot in Thailand bly waar hulle vir nege dae aan die lewe geklou het voordat hulle Maandagaand gevind is.

Duikers het deur smal gangetjies en donker water gebeur en afgekom op die groep seuns – lede van die plaaslike Moe Pa-sokkerspan – waar hulle op ’n droë rots sowat 4 km van die grot se ingang saambondel.

Hulle moet nou wag vir die watervlak om te sak. Die BBC berig dat dit volgens die weermag tot vier maande kan duur. In die tyd sal kos aan hulle voorsien word, en duikers het onmiddellik nadat die kinders gevind is, begin om voorraad by hulle te kry.

Die 12 seuns, wat tussen 11 jaar en 16 jaar oud is, en hul afrigter (25) het op 23 Junie vermis geraak nadat hulle die grot verken het en deur stygende vloedwater weens stortreën vasgekeer is.

Hulle het ná ’n sokkeroefening per fiets na die grot gery en glo deur ’n 15 m lange tonnel gekruip, wat later heeltemal oorstroom het. Lede van die Amerikaanse vloot het Saterdag diep in die grot ingegaan en blykbaar ’n paar kilometer gekom van waar die span aanvanklik was.

Ander duikers, insluitend van Thailand, het Maandag toe verder gekom nadat die diep water begin terugsak het. – Reuters

Meer oor:  Thailand  |  Grot  |  Sokkerspan  |  Grotredding  |  Redding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.