Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Spanning ná moeilike 1ste ronde in Brussel

Pres. Donald Trump van Amerika sê hy het Woensdag “ ’n goeie” vergadering gehad met Angela Merkel, kanselier van Duitsland, op die kantlyn van die Navo-beraad (Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie), slegs ure nadat hy Duitsland hewig gekritiseer het oor die land se besteding aan beplande gasinvoere uit Rusland.

Staatshoofde het langs mekaar gestaan toe dit tyd word om vir die kameras te glimlag, maar die vriendelikheid was ver verwyderd van die kwessies in Brussel.

Pres. Donald Trump van Amerika en Theresa May, Britse premier, Woensdag in Brussel. Foto: Reuters

“Natuurlik is dit ’n ernstige saak as daar onenigheid is oor handel, maar dit is my werk om die negatiewe invloed op Navo te beperk,” het Jens Stoltenberg, sekretaris-generaal, aan joernaliste gesê.

Die groter kwessie vir Trump is egter die onderskeie lande se besteding aan verdediging, wat hy meen in die Navo-groepsverband, tot dusver deur Amerika gedra word.

Die vereiste is dat die lande se besteding 2% van hul bruto binnelandse produk moet wees, en Theresa May, Britse premier, was gou om te benadruk dat die land sy deel bring.

“Ons stel ’n voorbeeld en ons maak vandag bekend dat ons nóg 440 personeel na Navo na Afganistan stuur.”

Angela Merkel, Duitse kanselier, Woensdag in Brussel. Foto: Reuters

Merkel het benadruk ten spyte van Trump se kritiek oor ’n pyplyn wat teen $11 miljard in die Baltiese See aangelê word om gas van Rusland na Duitsland in te voer, maak Duitsland sy eie beleid.

“Ek het gesien hoe dele van Duitsland eens deur Rusland beheer was, en ek is bly dat ons vandag ’n herenigde federale republiek van Duitsland is.”

Navo-leiers sal Donderdag poog om die fokus te verskuif na Afganistan en hoe om die oorlog daar te beëindig. Reuters

Meer oor:  Brussel  |  Trump  |  Afghanistan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.