Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Tories seëvier in Brittanje, Corbyn is 'klaar'
Boris Johnson, premier van Brittanje en leier van die Konserwatiewe Party (Tories), behaal 'n wegholoorwinning in die land se algemene verkiesing wat Donderdag gehou is. Volg die regstreekse dekking hier.

13 Des. 08:39:36

Boris Johnson, premier van Brittanje, en sy vriendin Carrie Symonds verlaat die Konserwatiewe Party se hoofkwartiere ná die party se oorwinning in die algemene verkiesing. Foto: Reuters

Dis amptelik! Die Konserwatiewe Party wen die verkiesing.

13 Des. 06:25:48

BBC berig met meer as die helfte van die stemme getel is die jongste voorspelling dat die Tories 363 setels in die parlement gaan kry – 45 meer as in 2017, die Arbeiders 197, Skotse Nasionale Party (SNP) 53, die Liberaal-Demokrate 13, Plaid Cymru vier, die Greens een, en die Brexit-party geen.

BBC
13 Des. 06:10:29

Boris Johnson is afgeneem nadat hy sy setel in Uxbridge en South Ruislip behou het. Foto: Reuters

Boris Johnson meen hy het nou 'n sterker mandaat om Brexit deur te voer.

13 Des. 06:01:06

Jeremy Corbyn, leier van die Arbeidersparty, sê hy gaan uit die politiek tree, nadat dit duidelik geword het die Tories gaan 'n wegholoorwinning behaal.

Meer oor:  Britse Verkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.