Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: 'Sterkste aardbewing in 2 dekades'

Suid-Kalifornië in Amerika is getref deur die sterkste aardbewing in twee dekades. Dit het 6,4 geregistreer met die episentrum naby Ridgecrest, 240 km noordoos van Los Angeles.

Die aardbewing was op 4 Julie, op die Amerikaners se vakansiedag om hul onafhanklikheid te vier. Brande het ontstaan en skade is aangerig. Mense van die Mojave-woestyn tot aan die Stille Oseaan se kus het die bewing Donderdag gevoel, berig die BBC.

Daar is aansienlike skade in Ridgecrest, maar volgens prof. John Rundle, ’n plaaslike geofisikus, was die aardbewing ver van digbevolkte stede.

Brad Alexander, ’n woordvoerder vir die goewerneur van Kalifornië se nooddienste, het gewaarsku dat dit miskien nog nie verby is nie. “Daar kan nog aardbewings voorkom in die gebied en enigiemand in daardie streek wat luister, moet hulself regmaak om skuiling te vind en vas te byt.”

Peggy Breeden, Ridgecrest se burgemeester, het aan CNN gesê hulle is gewoond aan aardbewings, maar nie sulke sterkes nie. Dit is ’n woestynomgewing.

Daar was sowat 24 gevalle waarheen nooddienste uitgeroep is.

Stephen Sykes van Ridgecrest was in die stort toe sy huis begin skud.

“Dit het omtrent so tien tot 15 sekondes aangehou en ons was regtig bang. Ons sit nou sommige artikels op die grond neer en het die gastoevoer afgesluit. Ons sal seker vannag buite slaap.”

Die episentrum was op die rand van die Death Valley Nasionale Park en die bewing is in alle rigtings tot in Los Angeles, Fresno en Las Vegas gevoel. Dit is selfs in Mexiko gevoel waar huise in Tijuana en Mexicali ontruim is, berig CNBC.

Meer oor:  Kalifornië  |  Aardbewing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.