Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Stryd om by oorlewendes in Laos uit te kom

Beeldmateriaal is deur die staatsuitsaaier in Laos uitgesaai van inwoners, sommige met klein kinders, wat op huise se dakke gestrand is. Ander het op planke na veiligheid probeer roei.

Intussen het reddingswerkers aanhou soek na oorlewendes. Honderde mense word steeds vermis nadat ’n dam Dinsdag in ’n verafgeleë gebied van een van Asië se armste lande meegegee het.

Daar kan slegs gespekuleer woord oor die dodetal, sê ’n senior regeringsamptenaar.

Volgens die plaaslike media is 19 mense dood.

Duisende mense moet nog uit die gebied ontruim word.

Minstens sewe dorpies is onder water. – Reuters

Alles is onder water nadat die Xepian-Xe Nam Noy-dam in die Attapeu-provinsie van Laos meegegee het. Foto: Reuters
Mense word uit die gebied ontruim. Foto: AP
Mense wat na veiligheid gebring is loop deur die vloedwater. Foto: Reuters

Meer oor:  Dam  |  Tragedie  |  Laos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.