Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Sussies (9 en 4) wat wil swem, ry 16 km voor botsing

Twee Amerikaanse sussies van nege en vier jaar oud wat hul ouers se voertuig gedeps het om see toe te gaan, is ongedeerd nadat hulle in ’n vragmotor vasgery het.

Die Kaliforniese polisie het Woensdag die verrassing van hul lewe gekry toe hulle sien wie die bestuurder en haar passasier is nadat die motor reg van voor met ’n vragmotor gebots het.

Ondanks hul stoutigheid was hulle darem gehoorsaam genoeg om hul veiligheidsgordels te dra en dit is waarskynlik die rede dat hulle nie beseer is nie.

“Die meisietjie en haar vierjarige sussie het glo hul ouers se motorvoertuig gegaps terwyl hulle geslaap het om op hul eie somer-avontuur te gaan,” lui die West Valley City-polisiekantoor se inskrywing op Twitter.

Die tweetjies het sowat 16 km ver in die motor – op ’n snelweg en ’n hoofweg – gevorder voordat die botsing ’n einde aan hul uitstappie gemaak het.

“Die motor is ernstig beskadig en selfs die vragmotor moes weggesleep word. Die vragmotorbestuurder is ook nie beseer nie.

“Toe die polisie hulle vra hoekom hulle op dié avontuur gegaan het, het hulle gesê hulle wou Kalifornië toe ry om in die see te gaan swem.”


Meer oor:  Vsa  |  Swem  |  Vragmotor  |  Botsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.