Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Thaise reddingsdrama in beeld

Die lot van die oorblywende sokkerspelers en hul sokkerafrigter sal Maandag bepaal word wanneer die tweede deel van die reddingsoperasie hervat word in die Tham Luang-grotte in Thailand.

In 'n neutedop:
  • Die 12 sokkerspelers en hul afrigter het op 23 Junie vermis geraak.
  • Die seuns is tussen die ouderdom van 11 en 16.
  • Twee Britse duikers het verlede Maandag op die groep afgekom in die grotte.
  • Die seuns was reeds tien dae vermis voordat twee Britse duikers hulle gevind het.
  • Die reddingsoperasie het die afgelope week die lewe geëis van ’n Thaise duiker, Saman Kunont.
  • Die mosoenreën het die reddingsoperasie vervroeg. Die operasie het Sondagoggend ongeveer vyfuur Suid-Afrikaanse tyd begin.
  • Vier seuns is al in veiligheid gebring en na ’n hospitaal gebring om medies ondersoek te word.
  • Die reddingswerkers sou tien tot 20 uur rus voordat die reddingsoperasie hervat word.
  • Volgens die jongste berigte is die eerste seuns wat gered is die sterkste seuns in die groep en nie soos vroeër berig is, die seuns wat tans die swakste is nie.
  • Dit is ’n multi-nasionale reddingspoging met redders van China, Mianmar, Laos, Australië, Brittanje en Amerika wat werk om die seuns en hul afrigter in veiligheid te bring.
Joernaliste en alle nie-kritieke personeel is Sondag versoek om die gebied om die grotte te verlaat sodat niemand in die pad van die reddingspoging kon kom nie. Die reddingsoperasie het Sondagoggend omstreeks vyfuur Suid-Afrikaanse tyd begin. Foto: GETTY IMAGES
Van die reddingswerkers het selfies langs die pad geneem nadat die eerste lede van die sokkerspan uit die grotte gebring is. Foto: GETTY IMAGES
Toeskouers kyk en juig die toe die eerste ambulans verby hulle ry met lede van die sokkerspan wat uit die grotkompleks gered is.Foto: GETTY IMAGES
Polisiemanne Sondag op die toneel van die hoofpad wat na die Tham Luang-grotte lei. Foto: GETTY IMAGES
’n Ambulans met een van die jong sokkerspelers wat gister uit die Tham Luang-grotte in Thailand gered is, onderweg hospitaal toe.Foto: GETTY IMAGES
Ambulanse met van die seuns wat gered is kom by die hospitaal in Chiang Rai aan. Foto: GETTY IMAGES
Reddingswerkers langs die hoofpad na die Tham Luang-grotte. Meer as ’n duisend mense neem aan die noodreddingsoperasie deel. Foto: GETTY IMAGES
’n Australiese soldaat gaan die Tham Luang-grotkompleks binne terwyl ’n Thaise polisieman buite waak. Foto: REUTERS
’n Reddingswerker in een van die ambulanse wat ’n geredde lid van die sokkerspan hospitaal toe vervoer. Foto: REUTERS
’n Militêre helikopter met van die seuns wat gered is aan boord land by ’n militêre lughawe in die noordelike provinsie van Chiang Rai in Thailand. Foto: REUTERS
Militêre personeel, reddingswerkers en vrywilliers het Sondagaand (Suid-Afrikaanse tyd) uit die afgesperde gebied om die Tham Luang-grotte gestroom. Die reddingsoperasie sou ná tien of 20 uur se rus hervat word.Foto: GETTY IMAGES


    Meer oor:  Reddingspoging  |  Grot  |  Sokkerspan  |  Thaise Seuns
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.