Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Mexit toe voor Brexit, May loop 7 Junie

’n Tranerige Theresa May het Vrydag aangekondig dat sy op 7 Junie gaan bedank.

“Die was die grootste eer in my lewe dat ek premier was,” het sy gesê terwyl sy trane teruggehou het.

Sy kon nie verder praat nie nadat sy gesê het sy het die land wat sy lief het, gedien, het CNN berig.

Haar bedanking is al lank verwag en toe haar vierde en laaste poging om Brittanje met 'n plan uit die Europese Unie (EU) te kry van alle kante afgeskiet is, was dit duidelik dat dit nie veel langer uitgestel kon word nie..

Sy het genoem wat sy dink haar binnelandse suksesse was en het gesê sy was die tweede vrouepremier, maar nie die laaste nie.

Theresa May
Theresa May, Britse premier, terwyl sy Vrydagoggend haar verklaring voorgelees het. Foto: Reuters

May het gesê sy stap weg met geen slegte gevoelens nie. “Ons politiek is onder groot spanning, maar daar is so baie ander goeie dinge van hierdie land.

“Ek het my bes gedoen. Ook om Brexit te doen. Ek het drie keer probeer.”

May het gesê dit is haar grootste persoonlik berou dat sy dit nie kon regkry nie.

Haar vertrek gaan die hele Brexit-krisis waarskynlik vererger omdat ’n nuwe leier vermoedelik ’n beslissender breuk met die Europese Unie (EU) sal wil maak. Dit sal die kanse op ’n konfrontasie met die EU en ’n verkiesing in Brittanje vergroot. Dit kan tot 'n sosialistiese regering lei, berig Reuters.

Omdat Brexit nou al ’n paar keer misluk het, moes Brittanje Donderdag aan die Europese parlementsverkiesing deelneem. Peilings toon dat Nigel Farage se Brexit-party maalvleis van May se Konserwatiewe Party gemaak het.

theresa may
Theresa May en haar man, Philip, Donderdag in Sonning waar hulle in die Europese parlementêre verkiesing gestem het. Foto: Reuters

Ondersteuners van die EU is bekommerd dat Brexit Brittanje se ekonomie, die vyfde grootste ter wêreld, asook Londen se posisie as een van die wêreld se top-twee- finansiële hoofstede sal ondermyn.

Daar word ook gesê dat dit die Weste – wat reeds sukkel met Trump se onbetroubaarheid en Rusland en China se groeiende teenwoordigheid in die wêreld – sal verswak.

Meer oor:  Theresa May  |  Brittanje  |  Brexit  |  Britse Laerhuis  |  Lp's  |  Stemmery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.