Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Tiananmen-tragedie wêreldwyd herdenk

Herdenkings om die gebeure 30 jaar gelede op Tiananmen-plein in die hartjie van Beijing, hoofstad van China te herdenk, sal streng gesensureer word.

Op die dag het lede van die Kommunistiese regering se weermag losgebrand op mense wat om demokrasie betoog het. Hulle het dae lank daar betoog.

Die regering het nooit die dodetal bekend gemaak nie maar honderde, in dien nie duisende nie, is doodgeskiet.

Taiwan, die eilandprovinsie van China wat lank gelede weggebreek het van die land, sal die gebeure vandag, 4 Junie, gedenk, onder meer met ’n reuseballonfiguur van die “Tenkman” – die man wat ’n ry tenks tot stilstand gebring het op die plein.

Taiwan het Maandag aan Beijing gevra om die historiese foute te vergewe en so gou as moontlik om verskoning te vra vir wat daar gebeur het.

’n Kunswerk van die Tenkman deur die kunstenaar Shake, word vertoon voor die Chaing Kai-sjek Memorial Hall in Taipei.

Aktiviste sal Dinsdag ’n saamtrek in Washington hou en verteenwoordigers van talle menseregtegroep insluitende Amnesty International sal deelneem, sowel as die speaker van die huis, Nancy Pelosi, berig CNN.

Mike Pompeo, Amerika se minister van buitelandse sake, het Maandag in ’n verklaring gesê die massaskietery het die gewete van “vredeliewende mense die wêreld oor” geraak.

‘Ons salueer die Chinese helde wat dapper 30 jaar gelede daar op Tiananmen-plein was en trots opgestaan het om hul regte te ëis, lui die boodskap.

Duisende mense sal met kerse ’n nagwag in Hongkong hou.

Toeriste het Tiananmen-plein Dinsdag onder streng polisieteenwoordigheid besoek. –  Reuters

tiananmen-plein
Grafika24
Meer oor:  Tragedie  |  Herdenking  |  Wêreld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.