Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Tienduisende vlug toe dam in Mianmar meegee

Soveel as 63 000 mense in 85 dorpies moes hul huise ontruim nadat ’n dam in sentrale Mianmar in Asië Woensdag meegegee het.

Twee mense word vermis.

Die Swar Tsjaoeng-besproeiingsdam in die Jedasje-township het Maandag begin oorloop, maar die regering het aan inwoners gesê daar is geen rede tot kommer nie, berig The Guardian. Teen Woensdagoggend het ’n stortvloed water egter uit die dam gebreek en omliggende rysvelde oorstroom en ’n groot brug beskadig.

'n Oorstroomde pad in die Swar-township. Foto: Reuters

Die dam is in 2001 gebou, sê Mjint Hlaing, direkteur-generaal van Mianmar se besproeiingsdepartement. Hy sê die voorval word ondersoek, maar sluit die moontlikheid van ’n fout in die dam se ontwerp as oorsaak uit.

Hulle werk aan ’n tydelike oplossing om te voorkom dat die oorblywende water ook uit die dam loop.

Die brug oor die Swar-spruit. Foto: Reuters

Die snelweg tussen Mandalai in sentraal-Mianmar en Jangon in die suide is gesluit. Die brug wat beskadig is, is op die snelweg wat Mianmar se groot stede, Jangon, die hoofstad, Naipjitaw, en Mandalai, noord daarvan, verbind, is beskadig.

Die vloedwaters het ook skade aan spoorweë aangerig en sommige treindienste is opgeskort.

Verlede maand is 27 mense in Laos, ’n buurland van Mianmar, dood toe ’n hidro-elektriese dam meegegee het en duisende mense hul huise moes ontruim. Reuters

Mense wat hul huise moes ontruim vind skuiling in 'n tempel. Foto: Reuters


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.