Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Kyk: Trevor Noah steek die draak met Trump

Trevor Noah, die Suid-Afrikaanse komediant, het nie op hom laat wag om grappies oor Donald Trump se inhuldiging as president van Amerika te maak nie.

Hy het op sy Amerikaanse program, The Daily Show, sommer ’n spesiale uitsending oor die inhuldiging van die land se 45ste president gedoen.

“Toe ek die inhuldiging kyk, het ek in ’n stadium gehoop Marty McFly van Back to the Future verskyn vanuit die toekoms om die hele besigheid te stop,” het Noah gesê.

Noah het ook gesê Trump se omstrede toespraak, waarin hy gepraat het oor probleme in Amerika, het hom laat dink aan die eerste vyf minute uit ’n Terminator-fliek.

“Mense sou dink die president sou ’n boodskap deel van eenheid en hoop, maar as jy na die toespraak geluister het, sou jy nie ’n greintjie hoop vir hierdie land oorgehad het nie,” het Noah gesê.

Noah het in 2014 die aanbieding van Amerikaanse satiriese nuusprogram by Jon Stewart oorgeneem en het deur die loop van die verkiesing Trump en sy sêgoed gekritiseer.

Meer oor:  The Daily Show  |  Trevor Noah  |  Kyk  |  Trump  |  Steek  |  Inhuldiging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.